Wednesday, February 14, 2018

Op die day 44 jaar gelede: Written by Chris Esterhuizen.

"Ek wil nie jou vokken verskonings hoor nie... ek dink dis tyd dat jy gaan leer om te baklei.. "
Op aandag.. "Majoor... " seg ek..
" More oggend om 08h00 Rapporteer jy by die SAP KOLLEDGE in PTA.. nie n minuut later nie.. Verstaan jy mannetjie...?... " Majoor".. seg ek.. "toe toe waarvoor wag jy gaan pak jou balsak.. geen uniform nie net jou PT en gemaklike klere.. sal bietjie weer daai humeurtjie van jou in toom kry en weer dissipline leer... bliksem julle gee my gryshare... " Amper bars ek uit van die lag.. hou net betyds in.. want hy is mos maankop.. vokkol hare nie.. he he..

Hier begin n PT hel wat skrik vir niks in die sloot/ Bult aan die suidekant van Polkol.. Ons word gejaag tot ons wil dood neer slaan.. so gaan dit vir twee weke aan.. Toe klim ons die oopbak Bedfords met n seil oor al die pad Groblersdal toe om te rapporteer te Maleoskop.. Kry gevegs tegniek opleiding, nagpatrollies en aftjop... 6syfer ruitverwysings wat ons self moet uit werk met kaart en kompas.. geen GPS daai tyd nie... So kom ons op die laaste dag en word daar mildelik gebraai en ja mampoer gedrink.. en natuurlik net twee biere n aand soos gewoontlik... More gaan ons "States" toe.. kan nie wag nie.... girl wag... Brannas en Coke wag... party... ens... Die oggend tree ons aan om Bedfords weer te bestyg.. Die bevelvoerder doen sy gewone lofbetuigings en prent die Rooigevaar prentjie duidelik in ons koppe...
Ten laaste se hy....

"Die volgende lede sal binne 48 uur weer by Kolledge aanmeld om daarna inspuitings te kry op Waterkloof waar julle dan sal vlieg Grens toe... " Jip my naam was daar... daai aand weer party, suip, en ander baie lekker dinge.... Volgende dag weer in Polkol.. Waterkloof toe... opwinding begin holkolle op my maag trek met n ma se babbie... dors man dors... bek morsdood droog en vol pepperminte.. lang tou ... inspuiting.. Cammo's word uitgedeel.. dam hierdie keer kies jy jou sizes nie soos ander tye nie...

Ja so het my eerste ondervinding van grens toe gaan begin... Ons vlieg hoog met die Flossie en die babbie werk nie mooisaam met hoogtes nie... oor die lughawe in Rhodesia... maak daai Flossie n moerse draai en duik af... ek kyk op deur die venstertjie en sien dan nou geboue daar aan die bokant... kan nie meer hou nie en sprei my worsies, ontbyt, ens oor my makkers.... nouja.. wie dink julle het die eerste straf wagdiens en n week sonder bier gekry......

No comments:

Post a Comment

Op die day 44 jaar gelede: Written by Chris Esterhuizen.

"Ek wil nie jou vokken verskonings hoor nie... ek dink dis tyd dat jy gaan leer om te baklei.. " Op aandag.. "Majoor......